JOIN OUR MAILING LIST |
Oor ons
GRBS (Garden Route Business Services) voorsien besighede van die regte ondersteuning en hulpbronne om hul besighede te laat groei. Kleiner besighede (en sommige redelike groot besighede) kan nie altyd die verskeie besigheidsdienste op voltydse basis bekostig nie en daar is dikwels nie behoefte aan permanente aanstellings vir die dienste nie. Sekere dienste soos byvoorbeeld finansiële bestuur (rekeningkunde en finansies), adviesdienste (bemarkingstrategie, produksiebestuur), voorraadbestuur en menslike hulpbronnebestuur (personeelbestuur, insluitend arbeidsverhoudinge bestuur) moet egter noodgedwonge beskikbaar wees vir ondernemings van enige grootte. Garden Route Business Services is gestig om hierdie noodsaaklike dienste aan plaaslike ondernemings beskikbaar te stel. Gesetel in Mosselbaai, is GRBS gereed om die nodige dienste aan alle besighede in die Suid-Kaap te lewer. Al hierdie dienste is beskikbaar op ʼn ad-hoc of “betaal-per-gebruik” basis, en geen lidmaatskapfooie is betaalbaar nie. Hoekom sou mens GRBS as diensverskaffer verkies? ʼn Aantal redes staan uit wanneer dit kom by die keuse van GRBS as ʼn verlengstuk van u besigheid:
By GRBS glo ons in ʼn proses-georiënteerde benadering om te verseker dat ons die beste moontlike diens kan lewer teen die regte prys vir die spesifieke opdrag. Met ons professionele en hoë kwaliteit diens bou ons verhoudinge met ons kliënte, sodat ons kan voortgaan om tot u diens te wees, lank na afhandeling van die oorspronklike projek. GRBS nooi u uit om ons ʼn verlenging te maak van u onderneming, sodat ons gesamentlike sukses kan na streef. |
Back | Back to top |